Bedieninge

 

TuisbladWie is ons?SelgroepeGeloofsbelydenisBedieningePrekeOpleidingKaartKontak onsBesighedeSkakels
 

 

Geestelike berading

Die Weg sien die geestelike nood van mense, en wil graag ’n bydrae maak om te help.

Die gemeente het opgeleide en ervare lidmate wat in die Restoring the Foundations Ministry se bedieningsraamwerk opgelei is. Indien u op geestelike vlak bedien wil word, is u welkom om die Koördineerder Anita Potgieter by geestelikeberading@dieweg.org.za te kontak.

Besoek gerus ons webbladsy.

 

Gebedsbediening

Die gemeente is ’n “huis van gebed” en daar is ’n groep geestelik volwasse lidmate wat bereid is om vir u te bid.  Indien u ’n gebedsversoek het, is u welkom om vir Patricia van Heerden by gebedsversoeke@dieweg.org.za te kontak.

 

Sending/Evangelisasie

Ons wil graag relevant wees in die gemeenskap en het uitreikingsprogramme wat op die volgende groepe gemik is;

  • Tiener seuns

  • Tiener meisies

  • Jong volwassenes

  • Opheffingsprojekte

Indien u verdere inligting verlang is u welkom om Pastoor Tobie de Bruin by tobie@dieweg.org.za te kontak.

  

 


Ontwikkel deur

© Die Weg Christelike Gemeente
Alle regte voorbehou 2013


Skakel met ons Volg ons ePos ons